10 dae gelede
Chippa klim leer onder Larsen
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - DECEMBER 11: Frederic Ns
Frederic Nsabiyumva wens sy spanmaat Rhulani Manzini geluk.  ~ Shaun Roy / Gallo Images

DIE Chilli Boys het op Goble Park hul derde oorwinning behaal onder Clinton Larsen.

Chippa is nou besig om die PSL-log te klim na 'n 2-0 oorwinning oor die Free State Stars.

Die doelskieter Rhulani Manzini het met strafdoel geslaag in die 28ste minuut om die Chilli Boys die voorsprong te gee.  Dit is nou Manzini se derde doel  in vier wedstryde.

Hoewel Manzini en Chippa probeer het kon hy nie n tweede doel aanteken nie en is in die 70ste minuut n blaakskans gegee na al sy harde werk. Hy was vervang deur die verdediger Tebogo Makobela wat toon dat Chippa-breier sy voorsprong wou verdedig.

Chippa se ervare speler Kurt Lentjies, wat as die enigste aanvaller gespeel het, het egter ander gedagtes gehad en tog in die 84ste minuut 'n tweede doel aangeteken om die oorwinning te verseker.

Die uitslag beteken Chippa skuif na 13de plek bo Baroka FC wat eers more (Sondag) in aksie is teen Bloemfontein Celtic.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters