2 dae gelede
Chippa chop te gou
GEWILD, MAAR UIT: Dan ¬≠Malesela sal altyd Chippa-fans se eerste keuse wees.  ~ Gallo Images

JY KAN nie die July met ’n donkie wen nie.

Dít – met alle respek – is wat Siviwe “Chippa” Mpengesi, eienaar van ­die sokkerklub Chippa United, moet begin besef.

Hy het nou al té lank die Baaise span die grap van SA sokker gemaak.

Mpengesi het pas die omstrede Belg Luc Eymael aangestel om die leisels oor te neem nadat die nimlike en gewilde Dan Malesela die derde keer in die pad gesteek is.

Eymael word dus nou Chippa se 20ste afrigter in net 9 jaar.

Desperaat

Of hy weet waarvoor hy hom inlaat, is ’n ope vraag, want dis absolute selfmoord om jou vir die pos van ­Chippa-breier beskikbaar te stel.

Eymael is óf desperaat vir ’n inkomste óf hy is nie daarvan bewus dat Mpengesi trigger-happy is nie.

As Mpengesi nie gehaltespelers begin aankoop nie, gaan géén afrigter ’n verskil kan maak nie.

Mpengesi fire coaches links en regs en dit gaan waarskynlik nie lank neem voordat die deur ook in ­Eymael se gesig toegeklap word nie.

Malesela is steeds die ­coach­ wat fans in beheer wil sien, al wen Chippa nie gereeld genoeg om ’n faktor in die PSL te wees nie.

Die voormalige Chippa-afrigters – ’n hele 19 van hulle! – is:

  • Manqoba Mngqithi (9 Julie 2012 – 20 Aug 2012)
  • Julius Dube (23 Aug 2012 – 12 Sept 2012)
  • Roger Sikhakhane (13 Sept 2012 – 28 Okt 2012)
  • Farouk Abrahams (28 Okt 2012 – 29 Jan 2013)
  • Wilfred Mugeyi (29 Jan 2013 – 11 April 2013)
  • Mark Harrison (12 April 2013 – 7 Okt 2013)
  • Ian Palmer (8 Okt 2013 – 27 Jan 2014)
  • Vladislav Heric (29 Jan 2014 – 30 Junie 2014)
  • Kosta Papic (1 Julie 2014 – 3 Sept 2014)
  • Roger Sikhakhane (4 Sept 2014 – 5 Jan 2015)
  • Ernst Middendorp (5 Jan 2015 – 30 Maart 2015)
  • Roger Sikhakhane (2 Julie 2015 – 7 Des 2015)
  • Dan Malesela (Des 2015 – Sept. 2017)
  • Teboho Moloi (30 Sept 2017 – 3 Maart 2018)
  • Vladislav Heric (3 Maart 2018 – 27 Mei 2018)
  • Dan Malesela (27 Mei 2018 – 21 2018)
  • Lehlohonolo Seema (23 Des – 23 Des 2020)
  • Luc Eymael (23 Des 2020 – 24 Des 2020)
  • Dan Malesela (27 Des 2020 – 3 April 2021)

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters