13 dae gelede
Chippa bly onder ná draw
VORENTOE: Chippa United se Thabo Rakhale is oppit.  ~ Gallo Images

DIE Chilli Boys kon nie ’n derde agtereenvolgende oorwinning in die Premiersokkerliga (PSL) behaal nie. Hy bly dus onderaan die log.

Chippa United en Baroka FC het gister in die Nelson Mandelabaai Stadion gelykop gespeel nadat niemand ’n doel kon aanteken nie.

Chippa het goed begin en ’n derde oorwinning het moontlik gelyk, maar afronding was moeilik vir albei spanne.

Chippa het net een punt verdien in sy stryd teen relegasie.

Gelewer

Die span se breier, Norman Mapeza, sê die spelers moet net bly glo en hard werk.

Mapeza sê: “Ons het ’n goeie vertoning gelewer, maar dit was nie goed genoeg vandag nie.

“Die spelers werk hard, daarom kan ek niks slegs sê nie, maar ons hét kanse gehad.”

Die plaaslike Chippa-ster, Gregory Damons, sê die ondersteuners moet net bly opdaag en hulle help in hulle stryd teen relegasie.

Damons sê: “Die span voel goed as ons ondersteuners ons aanspoor.”

Chippa speel Saterdag in die Athlone Stadion teen Cape­ Town City.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters