12 dae gelede
Chill ná thrill
Blaaskans: Siya Kolisi en Pieter-Steph du Toit gaan eers rus.  ~ Getty Images

SIYA Kolisi, Pieter-Steph du Toit en kie word ’n behoorlike ruskans gegun ná hulle Wêreldbeker­triomf in Japan.

John Dobson, die Stormers se nuwe afrigter, het dié nuus gister aan Son onthul.

Hy is op die oomblik op rugbybesigheid by Saracens in Londen.

Die Springbokke is op ’n landwye toer om die Webb Ellis-beker aan die land te wys en hulle dank teenoor ál hulle ondersteuners te betuig.

Die Stormers speel al op 1 Februarie hulle eerste Superrugby-wedstryd.

Hulle pak dan die Hurri­canes op Nuweland.

Intussen sal die Marvel friendlies op 19 Januarie plaasvind.

Die Stormers sal ook die tweede naweek in Januarie by ’n friendly-dag betrokke wees.

Die Universiteit van Wes-Kaapland, Maties, Ikeys en CPUT is ook deel daarvan.

Die klubs en provinsiale spanne se seisoen het teen daai tyd nog nie begin nie.

Dobson sê: “Ons is baie trots op wat die manne in Japan vermag het.

“Hulle is nog op die landwye bekertoer.

“Ons sal hulle ’n behoorlike kans gee om te rus voordat hulle by ons sal inval.

“Iemand soos Pieter-Steph se lyf is die laaste tyd deur baie, terwyl Siya se verpligtinge van die veld af baie van sy tyd in beslag gaan neem. Die arme man gaan in hoë aanvraag wees.

“Ons sal hulle minstens ’n maand af gee.”

Twee van Dobbo se ander sterre, Damian Willemse (Saracens) en Wilco Louw (Toulon), is nog op loan.

Hulle sal eers later vandeesmaand terugkeer.

Die Stormers, waarskynlik minus hulle Wêreldbeker-Springbokke, sal in Desember op ’n oefenkamp gaan om vir die 2020-seisoen te slyp.

Dobson was nie bereid om sy support staff vir die nuwe seisoen te onthul nie.

Daar kan wel aanvaar word Hanyani Shimange, Norman Laker en Dawie Snyman sal betrokke wees.

Manne soos Labeeb Levy en Rito Hlungwani kan nader geroep word.

Verlore

Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Frans Malherbe en Herschel Jantjies is die ander Stormer-Bokke wat kan uitsien na ’n welverdiende blaaskans terwyl Willemse hom weer by Saracens aansluit.

Eben Etzebeth (Toulon) en Damian de Allende (Panasonic Wild Knights en daarna Munster) is vir die Stormers verlore. Hulle het oorsese kontrakte gesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters