8 dae gelede
Chiefs-loting vryf Luc verkeerd op
lekker djy: Luc Eymael (heel regs) toon sy vreugde toe sy span tot die halfeindronde van die Nedbank Cup deurdring.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

KAIZER Chiefs se voortreflike rekord oor Free State Stars skrik dié klub se afrigter, Luc Eymael, beslis nie af nie.

Dis die feit dat die Amakhosi weer ’n tuis­loting vir die halfeind­ronde van die aanloklike bekerreeks gekry het wat Eymael verkeerd opvryf.

In dié kompetisie het Steve Komphela, afrigter, se Chiefs-span reeds met spanne soos Golden Arrows, Stellenbosch FC en Baroka op sy tuisveld afgereken.

Stars is teen die reus van Soweto geloot vir hul Nedbank Cup-reeks se halfeindstryd.

Dit vind op Saterdag 21 April in die Moses Ma­bhida-stadion plaas.

Eymael keer terug na die kantlyn vir dié semi nadat hy geskors was vir sy span se kwarteindstryd teen Ubuntu FC in die Athlone-stadion. Die Belg moes ook ’n boete van R50 000 betaal weens ’n onder­onsie met AmaZulu by ’n liga-kragmeting ’n ruk gelede.

“Dis nogal treurig dat Chiefs weer ’n tuis­wedstryd het,” het Eymael gesê.

“Dis nou die vierde wedstryd wat hulle op hul tuisveld speel, maar dis oukei. Daar word gesê dis net toevallig, maar ek verkies om ander woorde te gebruik.

“Maar ek het my spelers aangesê om dit een game op ’n slag te vat,” het hy bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters