5 dae gelede
Cheetahs gee Province liederlike loesing
Duncan Saal
Punte! Duncan Saal rond af vir die Cheetahs, met ’n desperate Godlen Masimla te laat om hom te keer.  ~ _GALLO IMAGES

DIE Westelike Provinsie se veldtog in die Curriebeker se Premierliga is besig om uitmekaar te val.

Die Cheetahs se Noord-Kaapse bure, Griekwas, het die WP ook in die Kapenaars se vorige wedstryd ’n kop aangesit.

Ja, dis so dat die WP spelers aan die Springbokke en Blitsbokke moes afstaan, maar daar is tog oorgenoeg talent in die Kaap om ’n span op die veld te stoot wat die titel kan wen, of hoe?

Die terugkeer van die ervare senter Juan de Jongh behoort mos die selfvertroue die hoogtes te laat inskiet.

Dié span van Dobson lyk egter na ’n deurmekaarspul. En dis nie asof die Cheetahs hulle gister van die eerste minuut oorheers het nie.

Munt

Die telling was vir baie lank 11-0 in die Vrystaters se guns en dit het gevoel asof dit net ’n kwessie van tyd vir die Kapenaars sou wees om hul ritme te vind – veral toe Evan Roos die eerste van sy twee goeie drieë gaan druk het.

’n Periode waarin die Cheetahs kwaai munt geslaan het uit die Streeptruie se foute het egter vir ’n bonuspunt-sege gesorg.

Dobson en sy span se volgende wedstryd is teen die Pumas in Mbombela. Dié een gaan ook nie ’n maklike kragmeting wees nie. Die Pumas het reeds die Lions laat klippe kou en net-net teen die Bulls verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters