11 dae gelede
Cheetahs byt vas vir sege
malcolm jaer,clayton blommetjies,rosko specman
Malcolm Jaer (agter) en Clayton Blommetjies (links) wens Rosko Specman geluk met sy drie.  ~ 

DIE Cheetahs is steeds die pasaangeër in Superrugby Unlocked nadat hulle moes vasbyt om die Bulls met 19-17 in Bloemftonein te klop.

Hawies Fourie (afrigter) se Cheetahs het teen die rustyd met 13-3 voorgeloop ná twee strafdoele deur Tian Meyer en Rosko Specman se verdvoelde drie.

Meyer het met drie verdere strafdoele in die tweede helfte vir die Cheetahs se punte gesorg, terwyl Morné Steyn met drie susksesvolle strafdoele en een deur Chris Smith in die wedstryd gehou het.

Die Bulls het met twee minute se spel toe vanaf ‘n ster rolmaalbewegin gaan druk en Smith moes net verdoel om sake gelyk te trek.

Sy poging was egter windskeef in ’n leë Vrystaat-stadion.

Net soos laas week was die Bulls op die aanval weer onakuraaat waneer hulle in posisies was om punte aan te teken.

Daar moet egter melding gemaak word van die Cheetahs se goeie verdeding. Die tuisspan het verskeie van die Bulls se reuse voorspelers behoorlik laag gevat en agteruit laat beweeg in dominante duikslae.

Dit lyk of Jake White nog nie sy regte kombinasies gevind het vir ‘n dominerende wenresep nie. En die Bulls-afrigter sal nou kopkrap nadat die ervare heelagter Gio Aplon ‘n ernstige beenbesering opgedoen het.

Die lyk sleg vir Aplon, met die Bulls-hulpafrigter, Nollis Marais, wat teen rustyd gesê het die voormalige Springbok het ligamente geskeur.

Aan die Cheetahs se kant sal daar ook groot kommer wees oor die skrumskakel-diepte nadat Ruan Pienaar ook die veld met ’n beenbesering moes verlaat. Hy het glo ook ligamente geskeur. 

puntemakers

CHEETAHS – drie: Rosko Specman; doelskop: Tian Meyer; strafdoele: Meyer (4)

BULLS – drie: Joe van Zyl; strafdoele: Morné Steyn (3), Chris Smith 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters