8 dae gelede
Champions League moet ook knie sak
LONDON, ENGLAND - FEBRUARY 25: Jérôme Boateng of
Jerome Boateng  ~ Getty Images

DIE Bayern Munich verdediger, Jérôme Boateng, sê spelers moet die platform wat deur die Champions League voorsien word, gebruik om boodskappe oor rasse-gelykheid oor te dra deur soos baie ander op een knie te sak.

Atlete van regoor die wêreld sak op een knie neer in ’n vertoning van solidariteit met die #BlackLivesMatter-veldtog wat momentum gekry het ná George Floyd se dood toe 'n polisiebeampte sy lugpyp met sy knie toegedruk het. 

Die Champions League, wat sedert Maart opgeskort is weens die Covid-19-pandemie, word volgende naweek hervat.

“Dit is baie belangrik dat ons dit in die Champions League voortsit, veral in die eindstryd, want die hele wêreld sal daar dit sien,” het Boateng gesê. 

Hy noem dat hy hoop ander sportsoorte wat nog nie terug is nie, by die beweging sal aansluit. “Ek dink dit is baie belangrik.”

Dié Duitse verdediger, wat in die verlede die slagoffer van rassistiese aanvalle was, het gesê hy het met sy spanmaats in Bayern gepraat oor die probleme wat deur die beweging geopper word.

“Ons het voor ons breek daaroor gepraat. Ek het eintlik met Joshua Kimmich en Leon Goretzka daaroor gepraat,” het die 31-jarige gesê.

“Hulle het my gevra hoe om die beweging te ondersteun, en hoe dit voel, en wat met my gebeur het toe ek jonger was.

"Ek het met hulle my stories gedeel sodat hulle kon verstaan wat my ervarings was en waarom is dit so seer en moeilik om op so manier aangeval te word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters