8 maande gelede
CB-spanne spook sake dán uit
TOPSPOED: Sergeal Petersen op pad doellyn toe vir die WP.  ~ Gallo Images

DIE afskoptyd vir die Westelike Provinsie (WP) se Curriebeker-halfeindstryd teen die Sharks is gister bekend gemaak.

Die Streeptruie pak die Durbaniete op 23 Januarie op Nuweland. Die kragmeting sal 16:30 begin.

Die ander halfeindstryd, tussen die Bulls en Lions, word op dieselfde dag beslis, maar die afskop is reeds 14:00 op Loftus Vers­feld in Tshwane.

Dit sal die eerste keer sedert die uitbreking van die pandemie wees dat die WP in ’n wedstryd teen die Sharks te staan kom.

Albei ligawedstryde tussen dié spanne moes weens positiewe Covid-19-gevalle onder Sharks-spelers afgelas word.

Die eerste ontmoeting het in die Superrugby Unlocked-gedeelte van ’n pandemie-vertraagde seisoen in Durban plaasgevind. Die WP het as die Stormers aan Superrugby Unlocked deelgeneem.

Beheerliggaam

Die Sharks moes die afgelope naweek na Kaapstad reis om die WP in albei spanne se laaste ligawedstryd te pak.

Weens die feit dat die Sharks nóg Covid-19-positiewe gevalle aangemeld het, is hierdie wedstryd afgelas.

Die beheerliggaam, SA Rugby, het ook besluit om die halfeindstryde met ’n week uit te stel.

Dit is gedoen as voorsorgmaatreël en ook om die integriteit van die kompetisie te beskerm.

Die eindstryd van die Curriebeker sal op 30 Januarie beslis word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters