12 dae gelede
Cavani moet nog ontpes
Edinson Cavani.  ~ Getty Images

MANCHESTER United se nuwe aanwins van Uruguay, Edinson Cavani, gaan nie dié naweek sy debuut in die Engelse Premierliga (EPL) maak nie.

Weens Britse Covid-19-protokol is Cavani nog in afsondering en hy sal dus nie beskikbaar wees vir die Red Devils se kritieke wedstryd teen Newcastle United nie.

Ole Gunnar Solskjaer (manager) en sy span is onder druk om sake reg te stel nadat Tottenham Hotspur hulle met 6-1 geklop het.

Cavani het hom laas week by Old Trafford aangemeld nadat sy vorige klub, Paris Saint-Germain (PSG), hom vrygestel het. Hy moet egter tot volgende week onder kwarantyn bly.

Die 33-jarige doelskieter sal die bekende nr. 7-trui dra en sal eers beskikbaar wees wanneer United in ’n Champions League-wedstryd teen sy ou klub speel.

Dienste

By PSG het Cavani 200 doele aangeteken, maar sedert Maart het hy min speelkans gekry.

United gaan ook sonder die dienste van die Franse doelskieter Anthony Mar­tial wees.

Martial is geskors nadat hy ’n rooikaart gewys is in die Red Devils se nederlaag teen Spurs. – Reuters

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters