Verlede jaar
Caster gaan nie titel verdedig
Caster Semenya
Caster Semenya  ~ getty images

CASTER Semenya gaan nie haar 800m-titel by vanjaar se Wêreldkampioenskappe in September in Doha verdedig nie.

Dit ná 'n Switserse hoërhof die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) se reëling, dat Semenya medikasie moet neem om haar testoroonvlakke te verminder, bekragtig het.

Semenya het verwag om aan die Wêreldkampioenskappe deel te neem nadat die hoërhof haar vroeër tydelik van die IAAF-reëling gevrywaar het.

Dié besluit is nou deur dieselfde hof omgekeer.

Semenya sê in 'n verklaring sy is teleurgesteld om nie haar titel te verdedig nie, maar dat dit haar nie gaan weerhou om aanhou te veg vir die menseregte van alle vroue-atlete nie.

Die arbitrasiehof vir sport (CAS) het onlangs in die IAAF se guns beslis en bevind dat vroue-atlete met hoë testostoroonvlakke 'n materiale voordeel het.

Semenya het tot dusver geweier om enige hormoon-medikasie te neem en is in die proses om te appelleer teen CAS se beslissing.

Dorothee Schramm wat Semenya se appèlsaak hanteer sê die besluit van die Switserse hoërhof beïnvloed nie die appèl self nie.

Schramm sê: "Ons gaan voort met Caster se appèl en om vir haar fundamentele menseregte te baklei. 'n Wedloop word altyd by die eindstreep beslis." - The Guardian

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters