3 dae gelede
Cape Winelands mik na nóg PSL-span
Mlungisi Bushwana  ~ Foto Verskaf

SAFA Cape Winelands wil hê teen 2024 moet ’n tweede sokkerspan van dié streek in die Premierliga meeding.

Dis deel van ’n ambisieuse vierjaar-plan wat onlangs by Safa Cape Winelands se strategiese beplanningsessie stukrag gekry het.

Lede van die streek se LFA’s en talle sprekers het die kongres bygewoon wat by die Langebaan Country Estate gehou is.

Mlungisi Bushwana, Safa Cape Winelands se president, sê om dié doelwit te bereik, moet hulle daarna strewe om as ’n kollektiewe eenheid saam te werk.

Tans speel Stellenbosch FC in die DStv-Premierliga, waarin hy taamlik bestendig vertoon.

“Eerstens moet ons ver­seker Safa Cape Winelands se beeld is skoon, want ’n gevestigde handelsmerk is vir potensiële donateurs en borge aanloklik,” verduidelik hy.

Pogings

Spesiale aandag gaan ook aan die ontwikkeling van leervaardighede geskenk word om goeie korporatiewe bestuur te verseker.

Volgens Bushwana gaan hulle baie fokus op vroue- en jeugsokker.

Verder gaan hulle pogings aanwend om samewerkingsooreenkomste met die Stellenbosch Sportakademie, Stellenbosch FC, Universiteit Stellenbosch (Maties), Boland-kollege en die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (CPUT) te sluit.

Safa Cape Winelands gaan ook nóú saamwerk met veral Safa Overberg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters