2 maande gelede
Caledon het geluk nodig
groot gees: Safcol speel dié naweek ter herinnering aan sy ontslape stigterslid Davy Linders. foto verskaf  ~ 

GEWELDDADIGE of opsetlike vuil spel bly maar ’n euwel waarmee klubrugby worstel om uit te roei.

Die afgelope naweek het nóg so ’n voorval in die Boland se voorste liga, die Groot Uitdaagbeker-reeks, plaasgevind.

Touwpark se try scoring machine, Demetro Meiring, mag nou vir die volgende ses maande nie rugby speel nie.

Die haastige vleuel se seisoen is effektief verby nadat hy harsingskudding opgedoen het teen Swellendam.

Meiring moes ná ’n gevaarlike duikslag ook steke in sy mond ontvang en is aangeraai om die res van die seisoen uit te sit.

Die Swellendam-speler wat die hoogvat uitgevoer het, is net met ’n geelkaart gestraf – en daar was nog geen nuus van Boland oor verdere tugstappe nie.

’n Video oor die voorval het reeds soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei.

Maar terug by die rugby, waar daar dié naweek ’n paar interessante tweestryde in die Groot Uitdaag-reeks se ses streke voorlê.

Die een wat egter die oog vang, is môre se kragmeting tussen Caledon en die onoorwonne Grabouw.

Die besoekers van die hoofstad van appels loop kwaai parmantig rond, veral ná laas week se groot sege (78-14) – hulle derde agtereenvolgens – oor Botrivier.

Caledon beleef nie ’n goeie begin tot vanjaar se liga nie, maar sal glo dat hy met ’n bietjie geluk nog ’n impak kan maak.

Die Caledonners het laas week net-net met 5-8 teen Hawston verloor.

Intussen is Grabouw se buurspan Safcol in rou gedompel nadat die stigterslid en voormalige president Davy Linders vroeër die week oorlede is.

Safcol se tuiswedstryd teen Hawston beloof dus om vol emosie te wees.

Bepalings in die Groot Uitdaagbeker-reeks:

WESKUS: Vredenburg t St. Helena, Velddrif t Young Hearts, Paternoster t Saldanha, Langebaan t Hopefield.

WIT-SENTRAAL: Wolseley t Saron, Hamlet t Ceres, Bella Vista t Hillcrest United, Delicious t Roses United, Newtons t Tulbagh.

OVERBERG: Black Leaves t Rangers Bredasdorp, Safcol t Hawston, Caledon t Grabouw, Botrivier t Genadendal.

BREË-LANGEBERG: Villagers Worcester t Montagu, Villagers Montagu t Swellendam, Ashton United t Robertson, Rangers Robertson t Protea, Young Hamiltons t Touwpark.

SWARTLAND: Moorreesburg t Abbotsdale, Never Despair t Darling, Good Hope t Wesbank, Piketberg t Koringberg.

NOORDWESTE: Invincibles t Young­ Spurs, Citrusdal t Delicious, Marines t Eagles, Excelsior t Majestics­.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters