2 maande gelede
Bulls weer ’n krag
GIFTIG: Cornal Hendricks lewer weer die spel wat van hom ’n Bok gemaak het.  ~ Gallo Images

LOJALE Bulls-ondersteuners wat met die aanstelling van Jake White as afrigter hul neuse opgetrek het, sing nou ’n ander deuntjie.

Want sedert die oud-Bok-afrigter by Loftus Velsfeld ingestap het, lewer die span weer die spel wat aan hom drie Superrugby-titels – in 2007, 2009 en 2010 – besorg het.

Saterdagaand op Loftus Versfeld was dit weer duidelik dat White besig is om iets reg te doen toe sy span in die 62ste minuut met 39-6 voor was.

Die wedstryd is toe weens dreigende weerlig stopgesit en is die Kapenaars van verdere vernedering – en waarskynlik ’n 50-tal teen hulle – gered.

Die Bulls lyk onkeerbaar op pad na die Superrugby Unlocked-titel met net die Cheetahs wat ’n kans het.

Duane Vermeulen en sy troepe het nog twee wedstryde oor wat hulle albei behoort te wen.

Saterdag ruk hulle op na Ellispark om die Lions te pak.

Hulle sluit dan die reeks op 20 November op Loftus teen die Pumas af.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters