Verlede maand
Bulls ‘slyp genoeg vir semi’
Stravino Jacobs  ~ Gallo Images

JAKE White, die Bulls se direkteur van rugby, het besluit om die kragtige vleuel Stravino Jacobs by sy span in te sluit vir môre se Curriebeker-halfeindstryd teen die Lions op Loftus Versfeld in Pretoria.

Jacobs behou sy plek op die linkervleuel.

Jacobs en die skakelpaar Ivan van Zyl en Morné Steyn is ál agterspelers wat hul plek in die beginspan behou nadat die Pumas die Bulls op 10 Januarie in Mbombela met 44-14 afgeransel het. David Kriel is terug in die laaste vesting.

Die opwindende Kurt-Lee Arendse is op regtervleuel terwyl Cornal Hendricks en Stedman Gans hul suksesvolle vennootskap in die middelveld hervat. Dié twee gaan in ’n interessante stryd in die middelveld gewikkel wees teen Burger Odendaal en Wa­ndisile Simelane van die Lions.

Voorlangs kan Elton Jantjies (kaptein) se span ook staatmaak op ervare Springbokke soos Willem Alberts en Jannie du Plessis.

Volgens White het hulle in die afgelope twee weke genoeg gedoen in terme van voorbereiding.

Hy het gister in ’n verklaring gesê: “Ons weet hoe om te wen. Ons moet dit net weer doen teen die Lions, wat ons elke keer tot die uiterste beproef wanneer ons teen hulle te staan kom.”

BULLS David Kriel, Kurt-Lee Arendse, Stedman Gans, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen (k), Elrigh Louw, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Sintu Manjezi, Trevor Nyakane, Schalk Erasmus, Lizo Gqoboka.

BANK: Johan Grobbelaar, Jacques van Rooyen, Mornay Smith, Jan Uys, Arno Botha, Embrose Papier, Chris Smith, Marco Jansen van Vuren.

LIONS Tiaan Swanepoel, Stean Pienaar, Wandisile Simelane, Burger Odendaal, Courtnall Skosan,

Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Jaco Kriel, Marvin Orie, Willem Alberts, Jannie du Plessis, Jaco Visagie, Sti Sithole.

BANK: Jan-Henning Campher, Ruan Dreyer, Carlü Sadie, Reinhard Nothnagel, Wilhelm van der Sluys, Morné van den Berg, Dan Kriel, Francke Horn, Nathan McBeth, EW Viljoen, Ross Cronjé.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters