8 dae gelede
Bulls lyk fris ná aanwinste
HANDRÉ POLLARDFoto’s: GALLO IMAGES  ~ 

MET die aanstelling van John Mitchell as die Bulls se coach laas jaar was daar heelwat optimisme dat die Pretorianers ’n gedaanteverwisseling sou ondergaan.

En al was daar ’n duidelike verandering in die Bulls se speelstyl, het dit nie veel sukses gebring nie. Kort daarna het Mitchell besluit om ’n pos as Engeland se verdedigingsafrigter te aanvaar.

Pote Human het by Mitchell oorgeneem. Hy het nie veel van ’n verskil maak nie en die span het 12de op die Superrugby-ranglys geëindig.

Met ervare aanwinste van die kaliber van die agsteman Duane Vermeulen en haker Schalk Brits in hulle geledere behoort die Bulls egter vanjaar baie beter te vaar.

Rassie Erasmus, die Springbok-breier, het ook aangedui hy gaan so af en toe die Pretorianers as konsultant help.

Die Bulls spog met opwindende agterspelers soos die Blitsbokke Rosko Specman en Dylan Sage en die Bok-vleuel Cornal Hendricks in die groep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters