6 maande gelede
Bulls en Sharks gelykop in Balito
Die veteraan-haker Schalk Brits teen die Stormers.  ~ gallo images

DIE Bulls se nuwe aanwins, Schalk Brits, het vandag sy eerste drie vir sy nuwe span gedruk.

Die Bulls het teen die Sharks in Balito in hul laaste oefenwedstryd gespeel.

Die veteraan-haker, Brits, het in die 20ste minuut vir die Bulls gaan druk. Die Sharks-skrumskakel, Cameron Wright, het drie minute later gaan druk.

Daar was groot verwarring oor die eindtelling. Daar was aanvanklik beslis die Bulls het die wedstryd 7-5 gewen.

Wedstrydamptenare het egter later beslis Wright se drie was wel verdoel.

Die Bulls speel volgende week in hul eerste wedstryd teen die Stormers. Die Sharks pak die Sunwolves. – Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters