9 dae gelede
Bulana en Lamati kry IBO-kans
LODUMO LAMATIFoto: GOLDEN GLOVES  ~ 

TWEE Suid-Afrikaners boks binnekort om IBO-titels.

Luidens ’n e-pos van hierdie wêreldliggaam is Khanyile Bulana en Lodumo Lamati die twee plaaslike boksers wat hulle vir hul groot geleentheid voorberei.

Bulana meet op 17 April in Italië kragte met Michael Magnesi.

Albei boksers is nog onoorwonne en ’n mens kan aanvaar een van dié rekords sal dan geskend word.

Durf

Bulana het tot dusver 8 van sy 12 teenstanders uitgeslaan, terwyl Magnesi 10 van sy 18 teenstanders planke toe gestuur het.

Om in die buiteland te gaan wen gaan groot durf van die Suid-Afrikaner vereis, maar hy is bekend as ’n vegter wat nie maklik die handdoek ingooi nie.

Lamati boks op 1 Junie in Suid-Afrika.

Hy kom dan teen die Mexikaan Jose Martin Estrada Garcia te staan.

Lamati het tot dusver 16 van sy 17 gevegte gewen. Een het gelykop geëindig.

Hy spog met 10 uitklophoue.

Garcia, daarenteen, het 2 van sy 15 gevegte verloor.

Waardige

Hy was 12 keer aan die wenkant en 1 geveg het gelykop geëindig.

Bulana en Lamati behoort dié kanse te gebruik om te wys hulle kan waardige kampioene wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters