6 dae gelede
Bucks nou NBA se beste span
giannis
Giannis Antetokounmpo  ~ _getty images

DIE Milwaukee Bucks het ’n titeldroogte van 50 jaar verbreek toe dié basketbalspan Dinsdag die NBA Finals gewen het.

Die Bucks het die sesde van sewe wedstryde om die kampioen te bepaal met 105-98 teen die Phoenix Suns gewen.

Giannis Antetokounmpo, Milwaukee se Griekse aanwins en forward, was die groot ster in die sesde ontmoeting tussen dié spanne. Hy het 50 punte aangeteken.

Wat die Bucks se titelsege merkwaardig maak, is dat hulle vroeg in die finals met 0-2 agter geloop het en toe die daaropvolgende vier wedstryde gewen het.

Bucks se coach, Mike Budenholzer, het ná die sege gesê: “Ek is só geseënd om elke dag met Giannis te kan werk. Hy is ’n spesiale mens. Ek het baie van hom en sy leierskap geleer.”

Die einste Bucks word deur die maatskappy MVM Holdings besit.

MVM besit ook aandele in die Sharks-rugbyspan en wou mos laas jaar aandele in die Stormers koop, maar die Kapenaars het hul neus vir dié aanbod opgetrek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters