8 dae gelede
Brentford pak Fulham in rykste uitspeelwedstryd
LONDON, ENGLAND - JULY 30: Neeskens Kebano of Fulh
BESLISSEND: Neeskens Kebano vier sy doel wat Fulham se plek in Dinsdag se eindstryd van die uitspeelreeks vir 'n plek in die Engelse Premierliga verseker het.  ~ 

FULHAM en Brentford gaan mekaar volgende week aanvat in die rykste rykste promosiewedstryd in sokker. 

Die wenner van eerskomende Dinsdag se ontmoeting kwalifiseer vir volgende seisoen se Engelse Premierliga en verseker ook 'n geldelike inspuiting van £220 miljoen (sowat R3,7 miljard) om aan 'n kompeterende span te help bou.

Fulham het Donderdag sy plek in die uitspeeleindstryd verseker, al het dié Londense klub met 1-2 teen Cardiff City verloor.

Fulham het die eerste been van sy uitspeel-halfeindstryd teen dié Walliese klub met 2-0 gewen, en daarmee op aggregate met 3-2 vir die eindstryd gekwalifiseer.

Curtis Nelson het Cardiff hoop gegee nadat hy in die agtste minuut die Walliesers laat voorloop het.

Die voorsprong sou egter van korte duur wees met Fulha se Neeskens Kebano wat minder as 'n minuut daarna sake gelyk getrek het.

Cardiff moes toe hard probeer om drie verdere doele te probeer aanteken, maar kon toe net een behaal. Die plaasvervanger Lee Tomlin het met sy eerste raak aan die bal gescore, toe hy in die tweede helfte op die veld gestoot is.

Fulham het ook heel paar kanse gehad om met meer gemak kwalifikasie tot die eindstryd te verseker, maar kon net nie weer die Cardiff-doelhok se net laat raas nie. 

“Dit was glad nie mooi nie,” het die kaptein van Fulham, Tom Cairney, aan Sky Sports gesê.

“Dit was die slegste begin wat ons kon maak. Die 2-0 voorsprong wat ons gehad het is bietjie vreemd terwyl jy speel.

"Dit voel gemaklik, maar terselfdertyd is dit ook nie. Ek dink ons het onsself ‘n bietjie in die steek gelaat deur nie ons normale game te speel nie, en ons het onnodig toegelaat dat Cardiff ons onder druk plaas.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters