13 dae gelede
BPSSA vat pad
Eenheid: Dié leerders van verskeie skole verteenwoordig die BPSSA-netbalspan.  ~ Foto Verskaf

DIE netbalspan van die Bethelsdorp Primêre Skolesport-vereniging (BPSSA) het die naweek in Dysselsdorp gespeel.

Die voorsitter van die BPSSA, Lilian Thomas, sê die doel daarvan was om leerders ’n geleentheid te gee om nuwe plekke te besoek deur sport.

Thomas sê: “Die meisies het dit omtrent gate uit geniet en goed gespeel.

“Die Dysselsdorp-meisies was omtrent gedugte teenstanders.”

Dysselsdorp se o. 12-meisies het dié van die BPSSA met 12-8 geklop.

Die BPSSA se o. 13’s het egter met 10-8 geseëvier oor dié van Dysselsdorp.

Leerders van die volgende skole het die BPSSA verteenwoordig: Arcadia, Alfonso Arries, Astra (Booysenpark), Bethelsdorp, Cederberg, Dr. Habelgaarn, Kleinskool, Missionvale, Greenville, Machui, Republiek, Normoyle en Van der Kemp.

Die span is saamgestel nadat die meisies proewe gespeel het. Hulle het gekwalifiseer ná uitdunne.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters