11 dae gelede
Boonstes begin reeds wegbreek
voetwerk: Andrew Kapery van Bay City probeer wegkom van sy verdediger. Foto: Deon Ferreira  ~ 

DIE topspanne in die Premierliga van die Northern Areas Football Association breek nou weg van die res.

Hotspurs het weer ’n goeie vertoning gelewer en sy plek boaan die puntelys behou toe hy Saterdag met 2-1 met Rangers af­gereken het.

Nou het Hotspurs ’n groot kans om weg te breek van die res, want hy het een minder wedstryd gespeel en is in hierdie sta­dium drie punte (22) voor Fairview Rovers, wat ook weer op die wenpad is.

Rovers het Fairdene met 2-0 gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Dit beteken Rovers sit nou met 19 ligapunte in die tweede plek.

Park United, met 18 ligapunte, is derde nadat hy met 2-0 geseëvier het oor Stardrift.

Die Mayoral Cup het nie te veel wedstryde gesien nie. Baie spanne het uitslae ontvang as gevolg van spanne wat nie die wedstryde kon eerbiedig nie. Party spanne het glad nie gespeel nie omdat van die kragmetings later beslis word.

Hotspurs se Cup-lopie is wel beëindig nadat Helenvale wraak geneem en hom met 3-0 geklop het.

Die uitslae is:

Premierliga

Fairdene 0, Fairview Rovers 2; Wolves 1, Shamrocks 1; Bloom Callies 0, West Lake 2; Stardrift 0, Park United 2; Rangers 1, Hotspurs 2; Celtic 0, Helenvale 2; Ramblers 0, Glenville 0; Saints 0, Blackpool 2.

Mayoral Cup

Bay City 3, East Side 1; Helenvale 3, Hotspurs 0; Glenville 2, Blackpool 1; Swallows 1, Warriors 0; West Lake2, Lads 0; Ebenezer 3, Apex 1; Rangers w/o Windvogel All Stars; Shamrocks w/o Fair­dene; Park Utd. w/o Celtic; Portville w/o Stardrift; SIbanye w/o Atl. Spurs; Callies w/o Rovers.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters