12 dae gelede
Booi sê O.P. is op koers
in beheer: Die OP-breier, Chumani Booi, sê die Olifante sal nog baie verbeter.Foto: gallo images  ~ 

DIE Oostelike Provinsie-Olifante gaan nou nie enige pryse vir hulle vyfde plek in die SuperSport Challenge wen nie, maar daar was dié jaar ’n massiewe verbetering.

Daar is baie argumente dat die spanne wat die OP geklop het nie so goed is nie, maar in terme van statistieke beteken die oorwinning Saterdag oor Zimbabwe dat die Olifante vier van hulle sewe wedstryde gewen het.

Die vraag is uiteraard of die unie die groep spelers, anders as in die verlede, bymekaar kan hou en bou vir die toekoms.

Die OP-breier, Chumani Booi, sê hulle is reeds besig om dinge vir die Currie Cup te finaliseer.

“Ek weet dat van die Pro14-spelers wat ons gebruik het, moontlik kan skuif. Dis alles waarmee ons tans besig is.

Doelwit

“Ons gaan wel ’n groot groep van die spelers behou, wat net goed kan wees vir ons toekoms en die Currie Cup,” het hy gesê.

Booi voel ook dat OP-rugby weer op koers is.

“Ons doelwit was om OP-rugby weer te revive in die kompetisie en ek voel ons het dit gedoen. Spelers voel goed om die trui oor hulle kop te trek en ons speel goeie rugby – nie net op die veld nie, maar ook van die veld af.”

Booi verwys natuurlik na OP se bestuurspan wat gelei word deur Thando Manana.

“Wat ons sover bereik het, is as gevolg van die betrokkenes se harde werk. Dit is ook waarom die spelers hulle beste op die veld kan gee. Ek voel die unie is op koers en beter dae lê voor.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters