7 dae gelede
Boksgeveg ’n reuse-sukses
VAT SO! Manwill Williams (regs) koes rats vir Taariq van der Ross se vinnige regterhou.  ~ Zaahid Appoles

SATERDAG was ’n geskiedkundige dag vir vele­ wat betrokke was by die Rematch Sport Vibe Energy Water MD20-boksgeveg.

Taariq “The Pioneer” van der Ross en Manwill “Lulu Boy” Williams, twee bekende Helderberg-klubrugby-veterane, het by die Daisy Jones Bar buitekant Stellenbosch vir vier rondtes geclash.

Die fight is gehou om fondse in te samel vir Mirwaan Davids, hoofafrigter van die klub St. George’s.

Davids is aan die einde van 2020 met vlak 5-nierversaking gediagnoseer en moes vier keer per week dialise ontvang.

“Vir my is dit iets wat ek eintlik bly is om deel van te wees. Al is die fondsin­samelingspoging vir my mediese onkoste, voel ek geëerd om deel van die event te kon wees,” het Davids ná afloop van die boksgeveg aan Son gesê.

Sterker

“Ek moes in die begin baie behandeling kry, maar met tyd het ek sterker en sterker begin word. Die behandeling maak my nog steeds moeg en ek moet my diet ook baie aanpas.

“Maar dis events soos hierdie wat my sterker maak en laat voel asof ek nie alleen in dié ding is nie.”

Daar was ingevolge die lockdown se vlak 1-beperkings net 50% van die venue se capacity by die event.

Die span van Conrad Jamneck en Jessica Botha, wat die Daisy Jones Bar en OMG-bemarking besit, het die meeste van die reëlings behartig. Hulle het tesame met CEY CrossFit se Abrie Valentine gesorg dat ál die bokse getick word om die event te host.

’n Besigheid wat ook hand in die sak gesteek het, is Yazied Rhoda se Rhoda’s Fish in die Strand.

“Dit is vir ons as Daisy Jones ’n groot eer om vir Mirwaan te kon help,” het Jamneck aan Son vertel. “Vir so ’n event om suksesvol te wees, moet baie dinge vooraf in plek wees.

“Ons host baie events hier en ons weet wat in plek gesit moet word sodat die event sonder enige hiccups kan plaasvind.

“Abrie het die tegniese kant, wat die boks betref, gehanteer en ons het goed saamgewerk.”

Jamneck was ook op die aand in aksie. Hy het teen Dean Finnie te staan gekom.

Daar was nóg vier fights.

Gebol

Curt Vlaandorp was ook in aksie.

Vlaandorp het teen Luca Posthumus baklei.

Die ander vier vegters was die pa-en-seun-combo van Wynand en Frik Janse van Rensburg.

Verder het André Heunis vuiste gebol vir Jan-Harm Solomons om vir verdere vermaak te sorg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters