3 dae gelede
Boksbroers verskil oor Joshua/Fury fight
Eddie Marshall  ~ Peter Abrahams

TWEE bekende boksbroers van die Kaap verskil daaroor of An­thony Joshua en Tyson Fury se swaargewiggeveg die grootste van alle tye gaan wees.

Eddie Marshall, een van die wêreld se mees ervare skeidsregters en beoordelaars, sê hy leun nog “half en half” oor na Muhammad Ali en Joe Frazier, maar in sy agterkop weet hy dat Joshua en Fury die héél grootste gaan wees.

“Dis eintlik ’n baie moeilike vraag,” sê hy.

“Ek sou dink Joshua en Fury se geveg weeg goed op teen Ali en Frazier s’n, maar as ek ’n keuse moet maak, sal dit die twee Britte wees.

“Dit is beslis ’n báie groot geveg,” sê hy.

Sy broer Natheer, wat die WP- en Wes-Kaapse kapok- en liggewigkampioen was, stem nie saam nie.

“Nee, daar was groter fights in die verlede.

“Dink maar net aan Ali teen Frazier, Ali teen George Foreman, Sugar Ray Leonard teen Marvin Hagler, en Hagler teen Roberto Durán.

“Volgens my was dié gevegte groter, met meer aansien gewees,” sê hy.

  • Joshua se promotor, Eddie Hearn, sê as alles volgens plan verloop, word die plek en datum van die groot geveg dié week nog bekend gemaak.

Joshua het ook opnuut ’n versoek gerig om Fury in die Wembley-stadion te pak. Dit is sy groot wens.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters