2 maande gelede
Boks kort nou ’n pro
GEREED: Die Baaise bokser Darrin Rossouw en sy pa en afrigter, Lyndon, is ook nou deel van die aksie.  ~ Verskaf

BEROEPSBOKS in die Kaap kort ’n op en wakker PRO om verwarring by fans te voorkom.

Dít volg nadat drastiese veranderinge aan Jackie Brice se toernooi op 27 November in Retreat gemaak is sonder om die media daaroor in te lig.

Son het toevallig van die groot veranderinge gehoor toe die Baaise afrigter Lyndon Rossouw laat hoor het dat sy seun Darrin ook vir die eerste keer in meer as ’n jaar weer in aksie sal wees.

Daarna het dit aan die lig gekom dat die swaargewig Ardi Ndembo ’n nuwe teenstander het en dat verskeie gevegte bygevoeg is – onder andere Juan Roux en Dillon Solomons.

Onaanvaarbaar

Ndembo, van wie groot dinge vorentoe verwag word, se Kongolese teenstander het hom weens ’n besering onttrek en hy kom nou teen Petrus Cilliers te staan.

Om die media in die duister te hou oor veranderinge terwyl verskeie berigte oor die toernooi reeds geskryf is, is onaanvaarbaar.

Die 6 gevegte wat ’n ruk gelede as “finaal” deurgegee is, het nou skielik 10 geword.

Dat dit ’n vyfster-toernooi gaan wees, is nie te betwyfel nie.

Daarom is dit hartseer dat toeskouers nie by die toernooi toegelaat sal word nie. In die hoofgeveg van die aand kom Tian Fick teen Josh Pretorius om die vakante Suid-Afrikaanse swaargewigtitel te staan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters