24 dae gelede
#KYK: Bokke teiken nou ses uit ses
Hartseer: Lukhanyo Am verlaat die veld mismoedig ná die All Black-nederlaag.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Springbokke sal geskiedenis moet maak as hulle enige kans wil staan om die Wêreldbeker (WB) te wen.

Géén span het nog ’n game in die groepfase van ’n WB verloor en aangegaan om die toernooi te wen nie.

Maar die Bokke het Saterdag in die Yokohama-stadion met 13-23 teen die All Blacks vasgeval.

Rassie Erasmus, afrigter, en sy manne sal nou iets moet regkry wat geen ander span in WB-geskiedenis kon vermag nie.

Die Bokke het Sondag na Nagoya vertrek, waar hulle Saterdag in die Toyota-stadion teen Namibië sal speel.

Benewens Namibië, moet Siya Kolisi (kaptein) se span nog teen Italië en Kanada in die groepfase speel.

Die kanse is dus goed dat hulle vir die kwarteindronde sal kwalifiseer.

Erasmus het ná die nederlaag teen die tweemalige wêreldkampioen gesê sy span het nie nou skielik hoop opgegee omdat die geskiedenis teen hom tel nie.

Erasmus sê: “Wanneer jy in ’n WB-groep saam met Nieu-Seeland is, is die kanse goed dat jy met ’n onoorwonne rekord sal deurdring na die playoffs.

“Die All Blacks het verdien om te wen. Ons is tans nr. 4 of 5 in die wêreld. Ek glo egter ons kan terugkom om die WB te wen.

“Die All Blacks was maar nog altyd die favourites om dié toernooi te wen. Ons is egter besig om nader te kruip.

“Geen span het al ooit teruggekom om die WB-titel te verower nadat hy in die groepfase verloor het nie.”

Die All Blacks se breier, Steve Hansen, glo ook die Bokke het steeds ’n goeie kans om die WB te wen.

Hansen sê: “Geskiedenis se rekords is great, maar hulle is daar om oortref te word.

“Die Bokke is nie nou slegter daaraan toe as wat hulle voorheen was nie.

“Al wat hulle moet doen, is om elkeen van hulle vier oorblywende games te wen om die titel te verower – dít sal hulle mindset moet wees.

“Wanneer hulle dinge regkry behoort hulle teen die einde daar te wees.”

DRIEËVRAAT

S'bu Nkosi wil intussen sy staal as 'n dodelike finisher wys. Hy het al telkemale sy vermoë as 'n vleuels gewys, wat kan afrond. 

Nkosi wat die show met twee skitterdrieë, voor die World Cup, in die Bokke se toets teen Argentinië gesteel het was vol lof vir Cheslin Kolbe se vermoë as spelbreker.

"Cheslin se lopies was baie exciting. Ek dink dit is presies wat jy van jou vleuels wil hê."  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters