8 dae gelede
Bokke speel mind games, sê Foster
HOEVEEL VINGERS? Ian Foster sê die Bokke moet hulle nie te slim hou nie. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

IAN Foster, die All Black-hulpafrigter, het die Springbokke daarvan beskuldig dat hulle mind games speel.

Suid-Afrika en Nieu-Seeland skop hulle veldtog in die Rugby World Cup volgende Saterdag in Yokohama teen mekaar af in hulle eerste game van die toernooi.

Die Springbokke het Vrydag die gasheerspan, Japan, in hulle laaste warm-up game met 41-7 kafgedraf.

Rassie Erasmus (afrigter) se span het net 36% balbesit gehad en het 164 tackles teenoor die 69 van Japan gemaak.

Die Bok coach het agterna erken hulle het dié taktiek gebruik om vir die game teen die All Blacks voor te berei.

Foster het ná die All Blacks se eerste slypsessie in Japan gesê die Bokke speel mind games deur opsetlik die bal vir Japan te gee.

Skop

Hy het gewaarsku dieselfde taktiek volgende Saterdag in Yokohama kan teen die Bokke backfire.

“Jy weet nie regtig of hulle dit opsetlik doen en of dit deel van hulle taktiek is nie.

“Hulle is ’n span wat goed skop en baie skop.

“Daarteenoor is Japan baie aggressief met hulle lynspoed.

“Dit was dus nie ’n slegte taktiek teen die Japanners nie.

“Dit was waarskynlik ’n smart move van hulle. In rugby moet jy seker maak jy hou jou nie té smart nie.

“Jy werk aan een aspek van jou spel, maar soms word jy in ’n ander aspek uitgevang.

“Dit is moeilikheid soek om (mind) games in World Cup games te speel. Ons weet hulle moet oor ’n week 100% voor­bereid wees.”

Die All Blacks het hulle voorbereiding vir die World Cup in Hamilton met ’n slagting van 92-7 oor Tonga afgesluit.

Foster het gesê die Kiwi’s sal nie wegbeweeg van die vloeiende rugby wat hulle in daai toets gespeel het nie.

Vinnig

“Ons hou van aanval en om met die ball in hand te speel.

“Die uitdaging met ons vaardigheidsvlakke en die besluitneming is wanneer om dit te doen en wanneer om dit nie te doen nie. All Blacks-rugby gaan daaroor om vinnig te speel.

“Dit gaan nie verander nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters