3 dae gelede
Bokke begin met belyningskampe
BAASBREINE: Rassie Erasmus en Jacques Nienaber beplan vir die Bokke se internasionale seisoen.  ~ Gallo Images

DIE Springbokke se voor­bereiding vir die komende internasionale seisoen sal binne die volgende twee ­weke­ na ’n hoër rat ­oorskakel.

Dit is wanneer Rassie Erasmus, direkteur van rugby, ­Jacques Nienaber, hoof­afrigter, en die res van die bestuurslede met ’n reeks belyningskampe begin.

Hulle het die afgelope Maandag afgeskop met ’n klein groepie spelers uit die noordelike streek. Dié spelersgroep is uit spelers van die Lions en Bulls saamgestel.

Ná die drie dae in ­Gauteng reis die Bokke se bestuurspan na Durban.

Daar sal hulle van môre af saam met ’n uitsoek-spelersgroep van die Sharks werk.

Daarna sal hulle Maandag ’n soortgelyke kamp in Kaapstad vir die Stormers se spelers aanbied.

Die Bok-breier en sy ­bestuurspersoneel sal dan volgende Woensdag in Bloemfontein besoek gaan aflê.

Terugkeer

Felix Jones gaan ook oor die volgende paar weke ’n aantal oriënteringskampe vir Bokke in die Verenigde Koninkryk, Ierland, ­Frank­ryk en Japan aanbied.

Erasmus het hierdie ­kampe beskryf as die volgende fase van die Bokke se strategiese beplanning en voorbereiding vir hulle ­terugkeer na toetsrugby.

Benewens die reeks teen die Britse en Ierse Leeus op eie bodem, beoog die Bokke om aan die Rugby ­Cham­pionship deel te neem, sowel as hul tradisionele jaareindtoer in Europa.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters