Verlede jaar
Boishaai te ryk vir O.P.
kandidaat: Thando Manana word ook oorweeg vir die OPRU se pos van algemene bestuurder.Foto: gallo images  ~ 

DIE Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) wil die dienste van Brent Janse van Rensburg as rugbyafrigter bekom.

En die skool is glo bereid om ruimskoots uit sy bank­rekening te skep om dit te verseker.

Dié 38-jarige Oos-Kapenaar is tans sonder ’n job nadat hy as die hoofafrigter van die Pumas bedank het.

Die einste Pumas het die SuperSport Challenge-titel vanjaar onder hom verower.

Verlede week is onthul dat hy die groot gunsteling was om as die Oostelike Provinsie se algemene bestuurder aangestel te word.

Die skool se vet bank­rekening maak dit glo onmoontlik vir die Baaise unie om ’n teenaanbod te maak. Boishaai kan Janse van Rensburg dubbel die maandelikse salaris aanbied as wat die OP-Rugbyunie (OPRU) kan.

Kortlys

Die ander vernaamste kandidate vir Sean Erasmus se vakante pos is die voormalige Bababokke-afrigter Dawie Theron, Peter Engledow (Griekwas) en Andre Tredoux.

Die ander kandidate op die OPRU se kortlys is die voormalige Springbok Thando Manana, voormalige afrigter van Namibië John Williams, oud-skeidsregter Philip Bosch en Bernard Petersen (sportbestuurder van die Nelson Mandela-Universiteit).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters