13 dae gelede
Boeta in span vir Bosch
Boeta Chamberlain  ~ Gallo Images

BOETA Chamberlain is by die Sharks se beginspan ingesluit vir môre se Superrugby-kragmeting met die Hurricanes in Wellington.

Chamberlain vervang Curwin Bosch, wat ná ’n dood in sy familie na Suid-Afrika teruggekeer het.

Die 20-jarige Chamberlain het laas week sy Superrugby-debuut vir die span van Durban van die bank gemaak.

Besluit

Dis die enigste verandering wat Sean Everitt (afrigter) aan die span aangebring het wat laas week met die Highlanders in Dun­edin afgereken het.

Hy het besluit om ses voorspelers en twee agterspelers op die bank te kies.

Intussen het die Hurri­canes ’n groot hupstoot gekry met die terugkeer van die dinamiese All Black-haker Dane Coles.

Sharks – Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Boeta Chamberlain, Louis Schreuder, Sikumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nché. BANK: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Dylan Richardson, Phendulani Buthelezi, Sanele Nohamba, Jeremy Ward.

Hurricanes – Jordie Barrett, Wes Goosen, Vince Aso, Ngani Laumape, Ben Lam, Jackson Garden-Bachop, TJ Perenara (k), Reed Prinsep, Gareth Evans, Vaea Fifita, Scott Scrafton, Isaia Walker-Leawere, Tyrel Lomax, Asafo Aumua, Fraser Armstrong. BANK: Dane Coles, Pouri Rakete-Stones, Alex Fidow, Liam­ Mitchell, Du’Plessis Kirifi, Jamie Booth, Fletcher Smith, Billy Proctor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters