Verlede maand
Blues loop daai derde plek mis
KEER VOOR: Chelsea se Olivier Giroud (middel) probeer die bal doelwaarts stuur in Dinsdag se wedstryd teen Brighton & Hove Albion.  ~ Getty Images

CHELSEA het die derde plek op die punteleer van die Engelse Premierliga misgeloop toe hy Dinsdag op Stamford Bridge teen Brighton & Hove Al­bion met 0 elk gelykop gespeel het.

Dié uitslag was egter genoeg om die Blues na die vierde plek te laat opskuif – met ewe veel punte as hul volgende teenstander in die liga, West Ham United.

Ondanks geen doele nie was dit ’n game wat Thomas Tuchel (manager) se Blues so amper kon verloor het.

Dit is nou as Brighton se Adam Lallana en Danny Welbeck nie goeie kanse vir doele verbrou het nie.

Die besoekers moes boonop in die laaste minute met een speler minder klaarkom nadat Ben White afgestuur is. Steeds was Brighton op dié aand beter as span.

Volgens Tuchel was dit praatjies van sy span se moontlike skuif na ’n rebelle-liga (die European Super League) wat sy spelers se fokus versteur het. Hy het gal gebraak oor sy span twee kosbare punte op hul tuisveld weggegooi het.

Tuchel het gesê: “Ek is geaffekteer en die spelers ook. Ons het voor die wedstryd daaroor gepraat en niks anders nie. Niemand het ’n vraag oor die wedstryd gevra nie.

“Ons het foute begaan. Ons het ook moeg gelyk – geestelik moeg.

Erken

“Ons het nie verdien om die wedstryd te wen nie.

“Dis dalk die eerste keer dat ek dít sal erken sedert ek hier aangekom het.”

Chelsea kom Saterdag teen die Hammers te staan, met dié Londen-derby wat verhoogde aansien gaan geniet. Albei klubs hoop om onder die topvier te eindig en om dan Uefa Champions League-kwalifikasie te kry.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters