16 dae gelede
Blondine, bombshell en bokser
lulu
Lulu Smith  ~ Golden Gloves

SY IS nie net ’n blonde bombshell nie, maar ook ’n katjie wat lettirlik nie sonder handskoene aangepak kan word nie.

Julienne “Lulu” Smith het geskiedenis gemaak toe sy Golden Gloves se eerste vrouebokser geword het.

En vergeet maar van blonde­ jokes oor haar. Smith is in haar finale jaar as LLB-student.

“Kan jy jouself voorstel hoe die aankondiger praat van ’n advokaat Julienne Smith in dié hoek?” skryf Berman op sy promosieliggaam se webblad. Berman sê Smith wag tans vir haar beroepslisensie en sal so gou as moontlik haar verskyning in die kryt maak.

“Ons sien almal met groot verwagting uit na dié oomblik,” sê hy. Smith het as amateur 22 van haar 27 gevegte gewen en spog met verskeie titels.

Sean Smith, afrigter en bestuurder, raak liries wanneer hy oor haar praat. “Ons is baie opgewonde en het groot verwagtinge. “Sy gee haar manlike partners in die gym ’n harde tyd,” sê hy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters