8 maande gelede
Blitzkrieg fnuik Bulls in Mbombela
VREUGDE: Devon Williams vier sy eerste drie.  ~ Gallo Images

’N BLITZKRIEG van vyf drieë in die eerste helfte het die Pumas Sondag in Nelspruit in staat gestel om die Bulls in die Curriebeker met 44-14 te klop.

Die Pumas het van meet af aan die jong en onervare Bulls oorrompel en die een drie ná die ander gedruk.

’n Teken van hul vroeë oorheersing was die feit dat hulle ná 28 minute danksy vyf skitterende drieë reeds met 31-0 voor was. Die Kapenaar Devon Williams het vanuit die losskakel-posisie die toutjies vir die Pumas getrek. Hy het ook een van die beste individuele drieë van die seisoen gedruk toe hy deur die Bulls-span gedans het.

Opwinding

Met lemoentyd was die tuisspan met 34-7 voor teen die Bulls, van wie die meeste groot kanonne nie gespeel het nie.

In die tweede helfte was baie minder opwinding. Williams het die tuisspan se enigste drie in dié tyd gedruk.

Die Bulls, met al sy voorste spelers, speel oor twee weke teen die Lions in die halfeindstryd. Die Pumas se Morgan Naudé is as die speler van die wedstryd aangewys.

Puntemakers:

Bullsdrieë: Joe van Zyl, Dawid Kellerman; doelskoppe: Morné Steyn, Clinton Swart.

Pumasdrieë: Luther Obi, Etienne Taljaard, Devon Williams (2), Willie Engelbrecht, Daniel Maartens; doelskoppe; Ginter Smuts (4); strafdoele: Smuts (2).

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters