5 maande gelede
Blitsbokke stel teleur
NeIl POWelL Foto: gallo Images  ~ 

DIE Springbok-sewesspan het erg teleurgestel op die Statebondspele in Gold ­Coast­ in Australië.

Die Blitsbokke is die verdedigende kampioen en was een van die groot gunstelinge om ten minste met ’n medalje huis toe te kom.

Neil Powell, afrigter, se span het egter by die laaste hekkie gestruikel en nie eens ’n plek op die podium gekry nie.

Die Blitse is deur Fidji (24-19) in die halfeindronde uitgeboender. Daarna het SA teen Engeland (21-14) vasgeval.

Nieu-Seeland het Fidji, die Olimpiese kampioen, met 14-0 in die eindstryd geklop. Die Kiwi’s is die nuwe Statebondspele-kampioen.

Powell het agterna gesê: “Dit was ’n baie teleurstellende vertoning. Dit is beslis nie wat ons graag vir Span Suid-Afrika wou bereik nie.”

Met vier toernooie wat oorbly, gaan die span nou al sy aandag op die wêreldreeks toespits. Daar is ook nog die Wêreldbeker-toernooi wat in Julie plaasvind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters