10 dae gelede
Blasers is op die lug
alpha, bravo, charlie ... Die CT Tygerberg se refs, GP Sangiorgio, Jerome Koeries en Jerome Paulse, klets nou lekker.FOTO’S VERSKAF  ~ 

CAPE TOWN Tygerberg se skeidsregtersvereniging (CTTRA) is baanbrekers wat blaaswerk betref.

Dit het die CTTRA se refs bewys toe hulle onlangs ’n radio communications system geïmplimenteer het.

“Maar dis net vir ons cup finals by CT Tygerberg,” sê John Ross, die voorsitter van die CTTRA.

“Ons gaan dit beslis op 28 September vir ons verskeie finals gebruik.”

Dis eenvoudig: Benewens die twee assistant refs is daar ’n vierde official wat die ref se ander paar oë op die veld is.

Wat die CTTRA besonders maak, is dat hy onafhanklik is, met lede wat nie by enige klub in hulle LFA geaffilieer is nie. Hy bestuur byvoorbeeld sy eie finansies.

Ross sê hulle was drie jaar gelede ook baanbrekers.

Dit was toe hulle eerste was met die gebruik van illuminated substitution boards vir die spelers se nommers.

“Die comms system is die brainchild van GP Sangiorgio (ref),” sê Ross.

“Natuurlik verdien my komitee ook krediet omdat die lede open-minded oor die inisiatief is.

Byhou

“Ek kan beslis nie persoonlik krediet aanvaar nie.”

Ross meen dis belangrik dat die spel moet byhou met veranderings. “Ons lewe in ’n tech-era, en dis belangrik om tegnologie tot jou voordeel te gebruik.

“Kyk, daar is challenges soos dat die batterye vervang moet word, weet jy, maar overall werk dit tot ons voordeel.

“Ons het dit in die dag en aand getoets om seker te maak alles werk soos dit moet.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters