7 dae gelede
Bitter pil vir Williams
ronwen williamsFoto: BACKPAGEPIX  ~ 

DIE rekord wys dis die blaps van Bafana Bafana se goalie Ronwen Wil­liams wat Nigerië toegelaat het om die wendoel te kry.

Dís toe die Super Ea­gles Bafana Bafana Woensdag in die Kaïro-stadion met 2-1 uit die Afrikabeker-toernooi geboender het.

Maar Williams kan sekerlik nie alleenlik die blaam dra dat Suid-Afrika se deelname beëindig is nie.

Die afrigter Stuart Baxter en sy troepe was net nie honger en gefokus genoeg vir ’n sege nie.

Hulle moes die wedstryd beter bestuur het – veral nadat Bongani Zungu sake met 1-1 gelykop gemaak het.

Ná Williams se blaps – wat toegelaat het dat William Troost-Ekong Nigerië die voortou gee – was hy steeds op sy stukke met twee wêreldklas saves.

Dis wat goeie spelers doen. Hulle vergeet hulle vorige foute en speel in die oomblik.

Dis duidelik Williams vat sy blaps baie swaar en voel dat hy die land gedrop het.

“Dis ’n moeilike een om te aanvaar, maar dis nou gedane sake,” het Williams gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters