15 dae gelede
Beweringe teen BSA se hoës bekyk
Jackie Brice  ~ Foto Verskaf

PROMOTORS se woede en bewerings oor die Terror Mathebula-tenderproses gaan uiteindelik deur Boks Suid-Afrika (BSA) ondersoek word.

Ná maande van ontevredenheid het BSA se voorsitter, Luthando Jack, aangedui die proses sal deeglik bekyk word.

Hy het die Gautengse promotor André Thysse versoek om ’n volledige verslag in te dien oor wat tot die beweringe aanleiding gegee het.

Jack het ook gesê die raad sal beweringe teen die waarnemende CEO, Cindy Nkomo, ondersoek. Hy sê BSA beskou dit as ernstig.

Jack het ook gesê die Kaapse provinsiale bestuurder, Mzoli Tempi, moet ondersoek word omdat hy die sport in oneer gebring het.

Geskors

Die Kaapse promotor Jackie Brice se versoeke aan Jack sluit in:

  • Dat Nkomo geskors word oor haar oortreding van die Covid-regulasies;
  • Sy het na bewering ook vir beamptes aangesê om stil te bly nadat boksers wat in die bio-borrel was se toetse nie bekend gemaak is nie en daar vasgestel is dat die bio-borrel besmet was;
  • Dat Nkomo haar mag misbruik;
  • Dat ’n permanente CEO aangestel word;
  • Beweringe dat provinsiale bestuurders in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Vrystaat nie gekwalifiseerd is vir hul poste nie moet ondersoek word;
  • Dat die registrasieproses vir lisensies hersien word omdat dit groot frustrasie by promotors, beamptes­ en boksers teweegbring.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters