9 dae gelede
Bestendige Lions kan Stormers woel
Elton Jantjies  ~ Gallo Images

BESTENDIGHEID is die wagwoord vir die Lions wanneer hulle môre op Nuweland aantree om die Stormers in ’n Super Rugby Unlocked-wedstryd te pak.

Die Lions het in die eerste sronde van dié kompetisie bitter naby daaraan gekom om die Sharks in Durban te klop.

Die Gautengers het goed teruggeveg nadat die Sharks sterk begin het.

Hulle kon dit egter nie volhou nie, met die meer ervare Sharks wat in die kritieke oomblikke bo uitgekom het.

Ivan van Rooyen (afrigter) het in sy spanaankondiging groot klem op ’n vertoning van 80 minute geplaas.

Storie

Hy sal ook hoop dat die besering aan sy beste skrumskakel, Dillon Smit, nie ’n groot impak sal hê nie.

Die jongeling Morné van den Berg, wie se direkte Stormers-teenstander die Springbok Herschel Jantjies gaan wees, vervang hom.

Van den Berg sal sy storie moet ken, veral wanneer die Stormers-agttal, wat met verskeie Springbokke spog, sy pak onder druk plaas.

Die Lions-kaptein en -losskakel, Elton Jantjies, sal ook hoop dat Van den Berg vir hom genoeg voorvoet-balbesit sal verskaf om die opwindende agterlyn aan die gang te kry en die Stormers hoofbrekens te gee.

Toe dié spanne mekaar in vroeër vanjaar se afgelaste Superrugby gepak het, het albei spanne getrakteer met opwindende aanvallende rugby.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters