7 dae gelede
Beste atletiekskool in SA gesoek
SPOEDVRATE: Die land se beste skole-atlete gaan vanjaar sake by die Superskole-reeks uitspook.Foto: MARK SAMPSON  ~ 

’N SPLINTERNUWE Super­skole-atletiekreeks word vanjaar die eerste keer aangebied.

Suid-Afrika se beste toekomstige baan- en veldatlete gaan ’n kans gegun word om hulle skole in Twizza se Superskole-reeks te verteenwoordig.

Die doelwit is om vas te stel wie die beste atletiekskool in die land is.

Die eerste kwalifiseringsbyeenkoms gaan op 19 September in die Tuks-atletiekstadion in Pretoria plaasvind.

Skole van die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap sal daar met mekaar meeding.

Die tweede kwalifiseringsbyeenkoms word op Saterdag 5 Oktober in die Groenpunt-atletiekstadion in Kaapstad gehou.

Dit is vir Wes-Kaapse en Oos-Kaapse skole.

Die beste atletiekskool in die land word op Saterdag 1 Februarie 2020 in die Grand Finale in die Tuks-stadion gekroon.

Beker

Volgens Ajee Valen­tine, borgskapbestuurder van Twizza, kan skole nou reeds begin inskryf.

“Ons is vol vertroue dat dit ’n aksiebelaaide reeks gaan wees.

“Die beste skool sal met die grootste beker in skolesport vir ’n jaar kan spog.

“Daar gaan boonop ook baie pryse op die spel wees,” het Valentine belowe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters