2 jaar gelede
Beskerm onse Ashwin
Dale Santon Foto’s: ­PEter Abrahams  ~ 

DIE oud-Springbok Dale Santon het in die bres getree vir Ashwin Willemse.

Santon het gister na afloop van die minister van sport en ontspanning, Tokozile Xasa, se begrotingsrede in die parlement aan Son gesê: “Ek het verwag dat SuperSport met al sy hulpbronne strenger sou optree deur byvoorbeeld al drie (Naas Botha, Nick Mallett en Willemse) te skors.

“Nou laat hulle die wêreld bespiegel en tree op asof niks gebeur het nie. Dit is swak.

“Daar is beslis iets verkeerd. Ek wil dus ’n beroep op die publiek doen om agter Ashwin te staan en om nie toe te laat dat hy die slagoffer gemaak word nie.”

Die radioaanbieder en politieke kommentator Euse­bius McKaiser het gister tydens sy ­ radioprogram op Cape Talk kaalvuis onder MultiChoice se grootbaas, Calvo Mawela, ingeklim en sy reaksie as pateties beskryf.

McKaiser sê: “Mawela was onoortuigend en het herhaaldelik gesê ’n proses is aan die gang, maar terselfdertyd sluit hy rassisme uit terwyl daar nog ’n ondersoek is.”

Mawela het intussen ook bevestig dat Willemse en sy mede-ontleders, Mallett en Botha, dit Maandag tydens besprekings duidelik gestel het dat hulle steeds in die toekoms kan saamwerk.

Xasa het gister bevestig dat sy met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en SuperSport gesels het.

Sy staan ook by haar verklaring dat Mallett en Botha geskors moet word. Sy het ook wit Suid-Afrikaners veroordeel wat dink witheid verteenwoordig iets beters.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters