5 dae gelede
Benzema is skuldig
Karim Benzema  ~ Getty Images

KARIM Benzema gaan teen sy skuldigbevinding appelleer vir sy aandeel in die afpersing van ’n voormalige spanmaat oor ’n seksvideo.

Die doelskieter vir Frank­ryk en Real Madrid is ’n opgeskorte vonnis van een jaar tronkstraf opgelê. Hy is ook met $84 170 (sowat R1,3 miljoen) beboet.

Bygewoon

Benzema ontken steeds hy het enigiets verkeerd gedoen en het ook nie die hofverrigtinge in Versailles bygewoon nie. Hy moes gisteraand nog vir sy Spaanse klub in ’n Europese Champions League­-wedstryd teen Sheriff Tiraspol speel.

Antoine Vey, sy prokureur, het ná die hof se beslissing gesê: “Dié uitslag stem nie ooreen met die realiteit van wat gebeur het nie.”

Real Madrid is deur Reuters om kommentaar gekontak, maar die klub het nog nie reageer nie.

Aanklaers in die saak het aangevoer dat Benzema vir Mathieu Valbuena wou oortuig om ’n verdagte groep afpersers te betaal en só ’n seksvideo van hom uit die openbare oog te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters