Verlede maand
Benni wen eerste titel saam met City
wenners: Cape Town City-spelers juig ná hul sege oor Kaizer Chiefs in die Cultural Experience Cup. Foto’s: gallo images  ~ 

BENNI McCarthy het sy tweede seisoen in beheer van die sokkerklub Cape Town City met ’n titel afgeskop.

City het Kaizer Chiefs Saterdag in Mpumalanga met 1-0 geklop om die Cultural Experience Cup te wen.

Craig Martin se doel in die tweede helfte het die beker aan die Kapenaars besorg.

McCarthy, wat verlede seisoen Kaapstad se enigste Premiersokkerliga-span tot ’n vyfde plek afgerig het, sal in sy skik wees met dié sege.

McCarthy het die wedstryd gebruik om van sy nuwe spelers uit te toets.

Riyaad Norodien en Peter Leeuwenburgh, die doelwagter wat uit Nederland aangekoop is, het hul eerste verskyning in ’n City-trui gemaak.

Al kan nie veel oor Norodien se vertoning gesê word nie, het Leeuwenburgh aan McCarthy gewys hy is ’n man waarop voor die doelhok vertrou kan word.

Saterdag se sege sal ook ’n massiewe hupstoot vir City wees.

Die Kaapse span kom Saterdag in sy eerste PSL-wedstryd teen SuperSport United te staan.

McCarthy se span reis dan op 8 Augustus na die Peter Mokaba-stadion om Baroka FC aan te durf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters