2 maande gelede
Benni te eerlik vir Bafana se pos
safa
GROOT MENERE: Safa se tegniese komitee is van links: Sudesh Singh, Buddha Mathathe (adjunkvoorsitter), Jack Maluleka, David Nyathi (uitvoerende hoof), Tebogo Motlanthe, (voorsitter van die tegniese komitee) en Boebie Solomons  ~ Foto Verskaf

BAFANA Bafana-ondersteuners met verwagtinge dat Benni McCarthy die vakante pos vir ’n nasionale sokker­afrigter gaan vul, moet maar dié gedagtes laat vaar.

Dis omdat McCarthy – een van die kandidate vir die pos, tesame met gesoute afrigters soos Pitso Mosimane, Gavin Hunt en Manqoba Mngqithi – waarskynlik te eerlik vir die pos sal wees.

McCarthy sal sekerlik erken dat hy nog nie reg is vir die uitdagings op nasionale vlak nie.

McCarthy, wat ’n Uefa Pro-lisensie agter sy naam het, weet hy sny nog sy tande met sy tweede Premierliga-klub (AmaZulu) en hy het nog nie genoeg ervaring nie.

Die record striker van Bafana het byna twee seisoene by Cape Town City gewerk waar hy in 2018 die MTN8-titel saam met die Citizens gewen het.

McCarthy weet egter twee of drie seisoene in enige top flight is beslis nie genoeg ervaring om hom in aanmerking vir die vakante nasio­nale pos te bring nie.

Dis juis waarom hy sekerlik die aanbod van die hand gaan wys as hy wel gekies sou word.

Dit lyk tans of Safa dalk weer na Mosimane sal kyk om die nasionale span vorentoe te vat.

Dit volg nadat Mosimane groot sukses met Al Ahly in Egipte behaal het.

Dis nie te sê dat Hunt geheel en al uitgereël moet word nie.

Dalk kan Hunt en Mosi­mane nog kombineer om Bafana se trots en geloofwaardigheid te probeer herstel

Hierdie aanstelling kom ook met die invloed van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) se tegniese komitee onder leiding van die uitvoerende hoof, Tebogo Motlanthe.

Die komitee is op die been gebring om Safa te help om die beste coach moontlik vir die SA pos te vind.

Ander gesoute voormalige afrigters en spelers soos Boebie Solomons en David Nyathi dien ook op die komitee.

Die komitee is daarvoor verantwoordelik om breiers te identifiseer – plaaslik en internasionaal – en voorstelle aan Safa te maak.

Safa sal die nuwe coach binnekort bekend maak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters