13 dae gelede
Benni soek ’n kliniese Usuthu
Benni McCarthy  ~ Lefty Shivambu

BENNI McCarthy, afrigter van AmaZulu, verwag sy spelers moet hul kanse vandag teen Kaizer Chiefs benut om koning te kraai.

Usuthu, soos AmaZulu ook genoem word, moes egter in sy vorige liga-stryd teen Bloemfontein Celtic terugveg om met 1-1 gelykop te speel.

McCarthy het erken die toestande in die Vrystaat was moeilik, maar voeg by dit was drie verlore punte teen Masokolara.

Veggees

“Ons het só baie kanse verspeel, maar dit is nou maar sokker daai,” het McCarthy gesê.

“Die span begin nou shape­ kry.

“Ek was baie tevrede met sy veggees en hoe die spelers hulle toegepas het.

“Dit was ook ’n positiewe reaksie voordat ons teen Chiefs speel.

“Dit gaan vir ons belangrik wees om ons kanse teen gedugte spanne soos Chiefs te benut. Jy moet klinies wees.” – KickOff.com

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters