Verlede maand
Benni: Sleg dag op kantoor
EINA! Thato Mokeke van Cape Town City word deur Wiseman Maluleke van Polokwane City gelak. Foto: BACKPAGEPIX  ~ 

BENNI McCARTHY (afrigter) het sy Cape Town City se treurmare in die MTN8-bekerreeks as ’n “bad day at the office” beskryf.

Die Citizens, wat dié kompetisie laas seisoen gewen het, is Saterdag met 0-2 deur Polokwane City op Nuweland geklop.

Mohamed Anas en Charlton Mashumba het sukses in albei helftes behaal om die besoekers se onverwagte sege te verseker.

Dit was veral Polokwane se geniepsige spel wat McCarthy-hulle verhinder het om hulle normale passing game te speel.

“Hulle het ons flying tackles­ gegee en dit het ons ritme en ons passing game disrupt,” wys McCarthy uit.

“My spelers het ’n bietjie bang geword, want hulle wil nie beseer word nie.

“Dis ook nie húlle manier van speel nie. Ek dink die beamptes was ook nie só consistent nie.

Gestraf

“Dis asof hulle Polokwane toegelaat het om te doen wat hulle wil. My spelers kon nie ’n greep op die stryd kry nie, want hulle was ’n bietjie bang vir die tackles.

“Na my mening moes daar beslis ’n paar van hulle tackles­ gestraf gewees het,” het die Bafana Bafana rekord striker bygevoeg.

City was oor die 90 minute power – hy het sy balbesit baie goedkoop weggegee en was beslis nie homself in die wedstryd nie.

Tog het dit McCarthy nie gekeer om Polokwane krediet te gee vir die manier hoe hulle die Kapenaars gefrustreer het nie.

“Polokwane het sy tactics spot on gekry,” reken McCarthy.

“Hulle het ons uit ons comfort zone gevat.

“So, alle krediet aan hulle. Ek gaan nie kla oor die nederlaag nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters