2 maande gelede
Bellville waarsku
Warren isaacs Foto:Mark ward  ~ 

MOENIE Bellville afskryf as potensiële wenner van die Westelike­ Provinsie se Superliga B-titel nie.

Dit is die waarskuwing van die breier, Warren Isaacs.

Sy span het All Saints Saterdag in die Rosina Paarwater-stadion met 44-27 geklop.

Bellville is nou in die vierde plek op die punteleer en is binne trefafstand van die voorloper, Helderberg, wat ná 13 wedstryde op 50 punte staan.

Isaacs sê: “Ons staan tans op 44 punte, maar het 12 games gespeel.

“Volgende week speel ons teen my ou klub, Kuilsrivier, waar ek 20 jaar afgerig het.

“Ons moet hulle klop om dan verby die ander spanne op 44 punte te spring.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters