9 dae gelede
Becks belê kwaai in esports-firma
David BeckhamFoto: GALLO IMAGES  ~ 

DAVID Beckham maak nou seker hy brei sy empire verder uit deur betrokke te raak by elektroniese sport (esports).

Die eienaar van Inter Miami FC het ’n Londense esports-maatskappy, Guild Esports, as mede-eienaar gelaunch.

Esports het die afgelope drie maande as gevolg van die beperkings van die Covid-19-pandemie wêreldwyd vreeslik gewild geraak.

Dit word dus beskou as ’n goeie sakebelegging.

Die maatskappy, wat voorheen bekend gestaan het as The Lords Esports, het onlangs sy internasionale bekendstelling gehou waar die aangekondig gedoen is dat die voormalige Engelse ster ’n mede-eienaar is.

Projek

Die onderneming beoog om £25 miljoen (sowat R531 miljoen) in die huidige finansieringsronde te bekom. Dit sal die waarde van die organisasie tot £100 miljoen (sowat R2,1 miljard) vermeerder.

Die deelnemers aan hierdie finansieringsronde is DB Ventures en Blue Star Capital.

Laasgenoemde het reeds £150 000 (R3,2 miljoen) onder sy vorige naam in die projek belê toe hy laat laas jaar gestig is. Dit het hom ’n belang van 11,7% in die onderneming gegee wat hy verder in die spel belê het.

DB Ventures word besit deur die moedermaatskappy Beckham Brand Holdings en word beheer deur David Beckham, sy vrou, Victoria, en Footwork Productions (met ’n meerderheid vir David).

Uit die aankondiging blyk dit dat die organisasie van voorneme is om ’n model vir ’n sportakademie te skep wat ’n beter pyplyn vir talentvolle spelers in Brittanje sal bied.

Titels

Dit het ook aan die lig gekom die firma sal in die volgende jaar in talle esports-dissiplines meeding.

Van die vermelde titels sluit Fifa 20, Rocket League en Fortnite in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters