9 dae gelede
Baxter weer by Amakhosi
WENNER: Stuart Baxter het in 2013 die Nedbank Cup saam met Chiefs gewen.  ~ Getty Images

DIE swak bewaarde geheim oor wie Kaizer Chiefs se volgende coach sal wees, is toe gister onthul.

Die voormalige Bafana Bafana coach Stuart Baxter is gister deur die span van Naturena onthul as die nuwe man in beheer. Hy neem oor by Gavin Hunt, wat ’n paar weke gelede deur Amakhosi se grootkoppe in die pad gesteek is.

Daar is ook nie kans vir Baxter (67) om eers sy voete te vind in sy tweede termyn in beheer van Chiefs nie.

Dié span moet nog in die halfeindronde van die CAF Champions League speel.

Amakhosi pak Wydad AC van Marokko op 19 Junie in die eerste been van dié halfeindstryd, en die spanne pak mekaar dan op 26 Junie in die tweede been.

Baxter het Amakhosi van 2012 tot 2015 afgerig en gehelp om twee keer die Premierliga-titel te wen.

Koers

Hy sal ondersteuning kry van sy assistente Molefi Ntseki, Arthur Zwane sowel as Dillon Sheppard.

Kaizer Motaung, grootbaas van Chiefs, meen Baxter se terugkeer sal dié span weer op koers kry.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters