Verlede maand
Bavuma vol woema vir rol
Lekker tye: Temba Bavuma vier ’n paaltjie met Lungi Ngidi en van die ander Proteas.  ~ Gallo Images

HOEWEL Aiden Markram as ’n sterk kandidaat beskou is om die Proteas te lei, staan hy 100% agter die span se nuutgekose leiers.

Dean Elgar is as die span se toetskaptein aangewys, terwyl Temba Bavuma die span in die witbal-formate gaan lei. Die Proteas is tans in ’n bio-borrel in Pretoria, waar hulle voorberei vir hul eendagreeks teen Pakistan wat môre op SuperSport-park in Centurion begin.

Hy sê die span het baie hoë agting vir Bavuma, wat môre sy vuurdoop as ODI-kaptein sal kry.

“Dit was amazing om te sien hoe Temba te werk gaan dié week,” het Markram gister in ’n aanlyn mediakonferensie gesê.

Gemaklik

“Die respek wat die manne vir hom het, is regtig op ’n ander vlak. Ek dink dit maak juis daarom die leierskap vir hom soveel makliker.

“Ek is persoonlik baie happy vir hulle (Elgar en Bavuma) en hulle is definitief manne agter wie ons staan en vir wie ons respek het.”

Die 26-jarige Markram sê hy is gemaklik om enige plek in die top-vier te kolf, al verkies hy steeds om die kolfbeurt te begin.

Quinton de Kock sal waarskynlik die een openingskolwer wees, met Bavuma sy aanvangsmaat. Janneman Malan, Markram, Jon-Jon Smuts, Kyle Verreynne en Heinrich Klaasen is die ander spesialiskolwers. Die eerste ODI begin môre 10:00.

PROTEAS: Temba Bavuma (k), Quinton de Kock (pw), Beuran Hendricks, Heinrich Klaasen, Janneman Malan, Keshav Maharaj, Aiden Markram, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Andile Phehlukwayo, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Jon-Jon Smuts, Rassie van der Dussen, Junior Dala, Lutho Sipamla, Wiaan Mulder, Sisanda Magala, Kyle Verreynne, Daryn Dupavillon, Lizaad Williams.

PAKISTAN: Babar Azam (k), Imam Ul Haq, Fakhar Zaman, Abdullah Shafique, Haider Ali, Danish Aziz, Saud Shakeel, Faheem Ashraf, Mohammad Wasim jr., Shadab Khan, Mohammad Nawaz, Mohammad Rizwan (pw), Sarfaraz Ahmed (pw), Shaheen Afridi, Haris Rauf, Mohammad Hasnain, Hasan Ali, Usman Qadir.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters